Groot stormskade in Transvaal


Minstens drie mense is dood toe hul motor op die pad tussen Mesina en Pontdrift deur vloedwater oorstroom en meegesleur is.

In die Alldays omgewing is vyf kinders die naweek dood in die vloede.

Groot dele van dié provinsie, veral in Noord- en oos-Transvaal het swaar neerslae gehad en ernstige skade is aangemeld.

Van die Krugerwildtuin se kampe moes gesluit word weens die vloede..

Die aanhoudende reen het reddingspogings bemoeilik, veral in die landelike gebiede waar paaie onbegaanbaar geraak het.

Enkele gevalle is gerapporteer waar mense vasgekeer was en op huise se dakke moes oornag.