Gesig van ‘n Romeinse edelman.

Bets Botha

‘n Ryk Romeinse adelike se gesig is 2000 jaar nadat hy in ‘n Britse fort gesterf het, gerekonstrueer. Volgens die wetenskaplikes het hy soos ‘n kruis tussen Richard Burton en Sylvester Stallone gelyk.

Argeoloë vermoed dat die geheimsinnige Romein waarskynlik welaf was en reeds uit die Romeinse weermag getree het toe hy op ongeveer 40 oorlede is. Die geraamte in ‘n steengraf was opgediep naby Newport in Suid-Wallis nie ver van die Romeinse fort by Caerleon.

Die wetenskaplikes het van dieselfde tegnologie gebruik gemaak as die polisie wanneer hulle ‘n skedel opbou om te sien hoe ‘n vermoorde se gesig lyk. Eerstens is die skedel geskandeer om hulle in staat te stel om ‘n digitale model van die Romein se gesig te bou.

Besoekers aan die Nasionale Romeinse Legioen Museum in Caerlon is dit eens dat die Romein baie aan Richard Burton en Sylvester Stallone herinner.