FVP vra sterker optrede


Die Federale Vryheidsparty vra dat strenger opgetree word om plaasaanvalle te bekamp. Die party vra ondermeer dat:
1. Plaasmoorde moet onmiddellik as prioriteitsmisdaad erken word
2. Fondse moet beskikbaar gemaak word om plaasmoorde te voorkom.
3. ‘n Alternatief vir die kommandostelsel,
4. Strenger straf vir skuldiges
5. ‘n Komitee wat op plaasmoorde fokus moet saamgestel word.
6. Nasorg vir slagoffers