Franse en Duitsers herdenk vriendskapsverdrag


Duitsland en Frankryk het hul eeue lange vyandskap wat op 22 Januarie 1963 beeindig is, feestelik herdenk.

Op dié datum, ’n halfeeu gelede, het dr. Konrad Adenauer, Wes-Duitsland se Bondskanselier, en pres. Charles de Gaulle ’n vriendskapsverdrag in Parys onderteken. Dit het die jarelange vyandskap tot ’n einde gebring.

Met die herdenking van die geskiedkundige geleentheid het pres. François Hollande van Frankryk en die Duitse Bondskanselier, dr. Angela Merkel, bymekaar gekom vir samesprekings in die Franse ambassade aan die Pariser Platz.

Daarna het die Duitse en Franse senaat in die Berlynse senaatsgebou byeengekom en na verskeie toesprake geluister.

Die verrigtinge is met swier begin, tee midde van die bitter koue weer.

Op die foto verskyn wyle dr. Konrad Adenauer, wat ’n gewilde leier van Wes-Duitsland was.