Eskom salarisse bekyk


Die statistieke toon dat ’n gemiddelde jaarlikse salaris vir werkers by die Kragreus teen 2017 sowat R820,000 kan wees.

Dit sal Eskom se totale salarisrekening op meer as R36 miljard te staan bring, wat aan ongeveer 46,000 werknemers betaal sal word.

Dit is een van die redes wat Eskom nou aan die Nasionale Energie Reguleerder (Nersa) voorlê om sy geweldige groot verhoging van elektrisiteitstariewe van April met 16% per jaar vir die volgende vyf jaar te verhoog.

Die inligting is klaarblyklik vervat in Eskom se voorleggings wat by Nersa ingehandig is.

Die huidige boekjaar sal die gemiddelde salaris per werker reeds R633,000 per jaar beloop.

’n Woordvoerder van Oranje Sake Instituut het aan Die Vryburger gesê die indruk word geskep dat die astronomiese tariefverhogings wat Eskom vra, bedoel is om die onrealistiese hoë salarisse te betaal.