Eskom in 2013


Die Nasionale Energie Reguleerder (Nersa) se openbare verhore oor Eskom se voorgestelde tariefverhogings begin op 15 Januarie.

Eskom het vroeër aansoek gedoen om sy tariewe met 16% per jaar te verhoog in die volgende vyf jaar, wat in totaal 110% beteken vir die 5 jaar tydperk.

Eskom lewer slegs 40% van sy elektrisiteit aan munisipaliteite. Munisipaliteite verkoop die krag aan huisbewoners.

Nersa bepaal die prys waarteen munisipaliteite krag verkoop aan verbruikers.

Kenners is van mening dat indien die verhogings goedgekeur word soos wat Eskom gevra het, die Suid-Afrikaanse ekonomie nog vêrder sal verswak.