Ek sien dit so.


Byt vas, Vryheid is in sig! As Neelsie hierdie woorde nie gereeld genoeg aan homself gesê het nie, was hy vandag ‘n ou man in ‘n jong lyf.

Hoeveel kan enige normale regdenkende mens nou opvreet? Hoeveel water kan daar oor ‘n eend se rug loop? Wanneer ek so kyk na my mede-Afrikaners(oor die algemeen), lyk dit of al die water in die see maar nog oor hul ruggies kan loop, almal loop met glimlagte rond en met groot opgewondenheid kommunikeer hulle met die volksvreemdes wat hulself nou al orals ingewurm het. Ek wil in trane uitbars en hulle glimlag! Miskien is ek sommer ‘n bitterbek, maar ek sien geen rede vir vriendelikheid teenoor wesens wat slegs ‘n irritasie vir my is nie.

Eendag gaan ek en my gesin inkopies doen, soos gewoonlik wys ek die geldgierige, vuil en stinkende volksvreemde se aanbieding om my te help van die hand. By die voertuig aangekom, en met my kindertjies wat sommer so in die trollie sit, sluit ek die kattebak oop en laai ons goedjies in. Nadat alles uit en in is, maak ek reg om my kinders uit te tel. Die volgende oomblik staan daar ‘n karwag en poog om my een kleintjie uit die trollie te laai. “My magtig! Wie [email protected]#$ is jy om dit te wil doen? Jy vat nie aan my kind nie!” Die skepsel het homself goed asvaal geskrik, hoe dan anders? Die Afrikaners hanteer hom dan soos een of ander ou familievriend. Hulle sê mos goed soos “Thank you so much” en “Enjoy your day!”. Siestog, die arme man staan heeldag in die son…siestog se dinges! Ek voel veiliger om my voertuig te parkeer waar volksvreemde karwagte afwesig is.

Wanneer ek na ‘n winkel gaan, sê my vrou’tjie: “Gedra nou jouself asseblief, ek is nie vandag lus vir drama nie.” Ek is ook nie lus vir drama nie, maar hoe spring mens dit deesdae vry? Wanneer die winkel betree word sien ek wesens wat nou maar net nie is soos ek is nie, hulle hou daarvan om teen jou te kom staan en ek verpes dit. Hulle hou daarvan om luidkeels met mekaar te kommunikeer, ek doen dit slegs wanneer ek kwaad is. Hulle is nie my mense nie, ek wil nie elke dag in hulle vaskyk nie. Ek wil hulle nie vriendelik groet sodat hulle dalk nie my keel afsny nie. Ek wil nie my kinders grootmaak in ‘n plek waar hulle gedurig oor hul skouers moet loer en dan nog die gedrogte wat agter hulle staan vriendelik moet groet nie.

Moenie dink dat dit beter gaan binne in groot kettingwinkels nie. Die diens is byna altyd pateties, ek het nou al opgemerk dat die volksvreemdes in hierdie winkels al hoe meer venynig raak…veral as jy aandring daarop om in Afrikaans bedien te word! Eintlik alreeds as hulle jou groet met “Good morneng” en jy antwoord terug met “Goeiemôre”. Dis ‘n vuil kyk, ‘n neuskrappery en ‘n baie onvriendelike vraagteken wat op die voorkop verskyn. Asof dit nou nie erg genoeg is nie, staan daar heel moontlik ‘n Afrikaner agter jou in die ry en beskinder jou slegte maniere! Maar wag, daar is Afrikaners wat sommer inspring in die gesprek en hul demokratiese plig as vertaler wil uitvoer. Waar in jou lewe? Ek gun wragtig daardie Afrikaners hulle Ruwe SA, maar wil hulle ons wat wil vry wees nie maar net uitlos nie?

Nee kyk, laat ek dit nou maar weer aan myself sê: “Byt vas, Vryheid is in sig!”

Boeregroete,
Kordaat Neelsie