Dronk polisieman deur motoris gevang


Russell George van Prestbury het ’n polisievangwa gesien wat heen en weer jaag. Die vangwa het teen die aankomende verkeer gery.

Op ’n stadium het die voertuig afgedraai, weer teen die aankomende verkeer ingery en toe skielik gestop. Russel het uit sy motor geklim en die polisieman gevra wat hy besig is om te doen.

Die polisieman, wie se naam nie bekend is nie, het weggejaag maar Russel George het hom agternagesit. Die polisieman het weer skielik gerem en stilhou en George ook stilgehou en 10111 geskakel.

“Toe die polisie ná vyf minute nog nie opgedaag het nie, het ek hom gekonfronteer. Ek kon ruik hy het gedrink. Ek het sy voertuig se sleutel uit die aansitter gehaal, die polisieman uit die voertuig getrek en agter in die vangwa toegesluit,” het George later vertel.