Die geldmaak bedrog


Oor dekades het mense probeer om op verskillende maniere hulle finansiële stand te verbeter. Daar is diegene wat met niks begin het nie, ander het waaghalsig kanse gevat en ander het roekeloos die landswette oortree… en in al die gevalle was daar die wat suksesvol was en skatryk geword het. Daar is ook die wat jammerlik misluk het en in eensaamheid weggeraak het….

Die jongste gegewens oor die stakings in Wes-Kaap behoort insiggewende leesstof te wees en veral landbouers kan kennis neem van hoe die vurk in die hef steek. Geldmaak het ook sy verskillende hoeke en kante – een daarvan is bedrog.

Lesers behoort die handeling van ’n kommandoor met sy boodskap in ’n bottel, interessant te vind. Die berig oor hoe ’n motoris ’n dronk polisieman vang kan iemand laat moed skep om in die toekoms self op te tree.

Klein Megan Croucamp se dapperheid word weer belig. Lees gerus die berig oor die arrogante tronkpersoneel, die skelmstreek van swartes wat van die Departement se welsynsfonds probeer bekom deur ander se kinders as hulle eie te registreer.

Verlustig u met die lees van die berig oor 13 tweelinge in Vanderbijlpark.

Die tyd van wonderwerke is nie verby nie. Dit besef ons as ons sien ’n man oorleef die drama van ses koeëls deur sy liggaam.

Ons sien en lees ook hoe die vloedwaters groot dele van Transvaal oorstroom het. Dit is deur kenners as ’n ernstige ramp beskryf. Paaie, landerye en geboue is beskadig.

Die Vryburger is tans besig om oorweging te gee aan die moontlikheid om ’n Noodhulpfonds vir Boere-Afrikaners tot stand te bring. Hieroor sal ons mettertyd meer inligting aan lesers bekendmaak.

Die nood is so groot onder volksgenote dat een organisasie onmoontlik alles kan doen om die nood te verlig. Die Vryburger wil met behulp van sy lesers ’n beskeie begin maak om daardie nood te help verlig.

Met elke berig wat Die Vryburger aan sy lesers bied, is daar ’n brokkie wat ’n ondertoon bevat, al is dit nie altyd waarneembaar nie, maar dit dra die element van doelgerigtheid om ’n klein volk op hoogte van sake te hou oor gebeure en van die verbete stryd wat heers om volkome vryheid te herwin tot daar waar die Vierkleur vlae weer sal wapper…

Ons glo u word op hoogte gestel van gebeure met hierdie week se bydraes met nuus wat werklik saakmaak.

Redakteur