Die brein maak sy eie musiek

Bets Botha

Wetenskaplikes het daarin geslaag om breinaktiwiteit in musiek te herskryf. In die geval wat hulle getoets het dit baie na ‘n vrye vorm van Jazz geklink.

Die nuwe brein-na-klank metode vertaal die brein se elektriese fluktuasies na toonhoogte en die vloei van die bloed na intensiteit. Met gesofistikeerde partiture en geoefende ore kan die brein as ‘n kognitiewe simfonie gehoor word.

“Ons hoop dat met deurlopende studie en die vertaling na musiek dat ons nie net meer van die brein sal leer nie maar ook sal ontdek hoe die brein ontwikkel het,” Jing Lu en Dezhong Yao neuroloë verbonde aan Sjina se Universiteit vir Elektroniese Wetenskap en Tegnologie gesê.

Die afbeelding bo is ‘n musiekpartituur van die neurologiese aktiwiteit van ‘n 31-jarige vrou.