Die battery wat die Boeing 787 op die grond hou


Die Lithium-ioniese batterye, wat so belangrik is vir die Boeing 787 Dreamliner, geniet tans meer nuusdekking as enige ander battery in die onlangse verlede.

Die veel besproke battery se hoë tegniese vermoëns wat dit so aantreklik maak vir ontwerpers het ongelukkig ook ‘n ingeboude risiko. Die risiko lê in die battery se geneigdheid tot oorverhitting en die daarmee gepaardgaande brandgevaar in ‘n vliegtuig deurdat die elektrolitiese oplossing in die battery deur hitte kan verander in ontvlambare gas.

Moderne passasiersvliegtuie word so ontwerp dat dit minder brandstof moet verbruik en dus ook minder besoedeling veroorsaak. Dit beteken dat so ‘n vliegtuig se gewig verminder moet word. Die battery onder bespreking lewer hierin ‘n belangrike bydrae.

Batterye omskep opgebergde chemiese energie in bruikbare elektriese energie. ‘n Lithium-ioniese battery bestaan uit ‘n negatiewe elektrode en ‘n positiewe elektrode wat verbind word deur ‘n elektroliede (soos ‘n organiese oplosmiddel). Wanneer die battery gebruik word vervoer die elektroliede iones tussen die elektrodes. Die elektrons vloei langs ‘n afsonderlike bedrade-stroombaan en die elektriese stroom word aangewend om ‘n hulp krageenheid aan te skakel en vir noodkrag.

Deur die vermenging en koppeling van verskillende metale en chemikalië het wetenskaplikes ‘n reeks verskillende batterytipes ontwikkel wat verskil in stroomspanning, leeftyd, grootte en koste. Lae krag-apparaat, soos by ‘n TV-afstandbeheer maak gebruik van goedkoop alkaliese batterye. ‘n Lithium-ioniese kragpak kan meer energie lewer as ander batterye van dieselfde grootte wat van ander metale gebruik maak, bekend as energie-digtheid. Litium het die laagste digtheid van alle metale met die hoogste elektropositiwiteit wat daarom ‘n hoë kragstroom lewer. Lithium is ook die derde kleinste element na waterstof en helium. ‘n Litium-ioniese batterypak het dubbeld die energiedigtheid van ‘n nikkel-metaal-hidriede weergawes en vier tot ses keer meer energie digtheid as ‘n lood-suur motorbattery.

Boeing is tans besig om navorsing te doen wat die risiko’s aangaande die batterye sal verminder of selfs uitskakel.