Carnarvon boer se lyk in dam gevind


Jan Potgieter (48), ’n boer op die plaas Toeslaan, en voormalige voorsitter van Agri Carnarvon, se lyk is in ’n plaasdam gevind.

“Jan het saam met ons kinders hier grootgeword. Die gebeurtenis is vreeslik erg.” het een van die ouer familie lede gesê.

Mnr. Potgieter het verlede Donderdag veld toe gery met sy motorfiets. Toe hy by 4 uur nie terug is by die huis nie het sy vrou, Anmar, onrustig geraak en hulp ingeroep.

Die boere in die omgewing het begin soek. Die plaas is 70 km noordoos van Carnarvon op die Vosburg pad.

Boere met hul vliegtuie het oor die plaas gevlieg. Verlede Vrydag is sy motorfiets gekry waar dit langs die dam gestaan het.

Later is sy lyk in die dam gevind. Daar was geen wonde of beseringsmerke aan sy liggaam nie.

“Die polisie ondersoek die saak maar kan nie die moontlikheid uitskakel dat hy verdrink het nie.