Capitec se baas wil minimum lone beveg


’n Duur en uitgerekte regstryd oor loonooreenkomste word in die vooruitsig gestel wat deur welgesteldes begin gaan word in die hooggeregshof in Pietermaritzburg.

Die hofgeding word ondersteun deur van die land se bekendste ekonome en akademici. Hulle is bereid om te getuig in dié ingewikkelde en duur hofsaak in ’n poging om verskeie kleiner klerefabrieke in Natal van ondergang te red.

Van die kleiner fabrieke wil nie die voorgeskrewe minimum lone betaal nie weens ekonomiese redes. Indien die klerebedryf die hofstryd wen, kan dit ’n vloedgolf deur die land veroorsaak.

Die fabrieke het ’n weldoener in die Millennium Trust. Dit is glo ’n liefdadigheidsfonds wat begin is deur die miljardêr Michiel le Roux, medestigter van Capitec.