Boer vlug met sy gesin


Mnr. Stephan Cronje en sy gesin wat op ’n plaas woon is getraumatiseer nadat ’n horde  oproerige vandale vanaf Zamdela plakkerskamp daarheen opgeruk het.

Hy en sy vrou, Elsabé, en hul drie kinders se plaas is tussen Sasolburg en Kragbron waar die onluste tans heers oor munisipale aangeleenthede.

Sy vrou het hom vreesbevange geskakel en gesê dat hordes jong swartes aggressief rondom die huis is, gewapen met stokke, klippe en byle.

Die sekuriteitsheining is omgedruk.

Cronje het inderhaas sy gesin bymekaar gemaak en so gou moontlik padgegee.

Die onrus stokers het goed en kos uit die huis gesteel en ruite beskadig.

Mnr. Cronje sê hy kan nie verstaan waarom die swartes soos barbare tekere gaan op die plaas waar hulle niks verloor het nie.

Hy is van mening dat dit ’n rassistiese daad is met vandalisme daarby.