Barbaarse plundering


Meer as drieduisend oproerige plunderaars het Sondagmiddag die strate van Sasolburg in gevaar en winkels gestroop van derduisende Rande se voorraad en ander goedere. Enorme skade is ook aangerig aan sakepersele toe hulle op barbaarse wyse deur die dorp beweeg het.

Motoriste is met klippe bestook en nooddienste is verhoed om beseerdes te hulp te snel. Die munisipale kantore is ook geplunder en dit blyk dat hierdie plundertog onder die dekmantel van ongelukkigheid plaas gevind het oor beplanning om Sasolburg by ‘n ander munisipaliteit in te lyf.

Nog niemand het verantwoordelikheid aanvaar vir hierdie barbaarse optrede nie.