ANC se onuitvoerbare taalbeleid


Die ANC se ondeurdagte besluit tydens die Konferensie om leerlinge teen 2014 landwyd te verplig om ’n inheemse Afrikataal tot in matriek te neem, is prakties onuitvoerbaar en totaal onmoontlik.

Dit is die mening van ’n afgetrede dosent wat vir baie jare gemoeid was met die opstel van leerplanne en die opvoeding van studente by onderwys kolleges in Suid-Afrika.

Ná meer as ’n dekade wat leerlinge nie verplig word om ’n inheemse taal te neem nie, het openbare skole se leerplanne en hulpmiddels tot niet gegaan. Onderwysers wat gekwalifiseer is in dié vakke, is nou afgetree of het ander werk begin doen.

Kenners wys daarop dat die opstel van ’n kursus vir elke skoolstanderd en vir elke taal in die land, kan nie in ’n jaar se tyd gereed gemaak word nie. Dit gaan minstens drie jaar neem.

Die vraag word ook gevra: Hoe lank gaan dit neem om dosente op te lei wat weer die onderwysers of onderwys studente kan oplei.

Oor die algemeen behoort dit sowat ses tot tien jaar te neem om alles gereed te kry.