ANC lede veg teen mekaar


Boy Mamabolo, ‘n gewese vriend van die omstrede Julius Malema, is in hegtenis geneem vir bedrog, het die Valke gesê.

Hy is Woensdag in hegtenis geneem, het ’n woordvoerder van die Valke bekend gemaak.

Die aanklag van bedrog hou blykbaar verband met Mamabolo se voorsitterskap van die Geografiese Namekomitee in Noord-Transvaal.

Hy is ‘n vurige ondersteuner van pres. Zuma, en gaan in Pietersburg se landdroshof verskyn.

Mamabolo was onlangs in ‘n hewige stryd gewikkel met Malema.

Die volle omvang van die klag teen Mamabolo is nie bekend nie.