ANC ignoreer sy eie beleid


Die hemde, pette, komberse en ander toebehore wat by die ANC se Mangaung-konferensie verkoop is, is ingevoer vanaf Pakistan en Indië en niks is plaaslik vervaardig nie.

Dít het gebeur te midde van die beleid van die ANC se dokumente wat vroeër vanjaar in Midrand opgestel is, wat bepaal het dat dié produkte plaaslik vervaardig moet word.

Vakbond leier Vavi wys in sy kritiek daarop dat die ANC sy eie beleid ignoreer en talle mense se werk van hulle ontneem deur die optrede.

Waarnemers het gesê dat dit maar net weer bevestig dat die ANC se beleidsdokumente van nul en geen waarde is nie. Die besluit wat geneem is oor taal onderrig op skoolvlak is ’n vêrdere voorbeeld van swak besluitneming.

Dit verklaar waarskynlik waarom die land stelselmatig agteruit gaan, is gesê.