Al dra ’n aap ’n goue…


Die Smithsonian-dieretuin in Wa¬shington, VSA gebruik nou iPads om orangoetangs besig te hou. Dié ape raak glo vinnig verveeld en verval dan in depressie. Die probleem word nou voorkom met ’n nuwe speelding, die iPad.

Maande gelede het een van die beamptes ’n iPad aan een van die ape gewys. Die dier het glo onmiddellik gesnap hoe die raakskerm werk.

Die inhoud wat vinnig verander op die skerm, hou die ape se belangstelling.

Die bevinding het daartoe gelei dat 12 ander dieretuine wêreldwyd daarmee begin het. Daar word nou spesiale programme geskryf vir ape wat in die toekoms gebruik sal word.

Oorweging word ook gegee aan die moontlikheid om ape met mekaar te laat kommunikeer deur Skype.