Werkers-unie gaan nie stakersgeweld keer nie

Niemand het rede om te vrees nie, maar diegene wat wel vrees, is dié wat uit hul gemaksones wakker word.

Só het die voorsitter van die plaaswerkersunie Commercial, Stevedoring, Agricultural & Allied Workers’ Union (Csaawu), gesê. Die uitspreek is gemaak met die oog op die plaaswerker-protesaksies wat na verwagting weer sal begin.

“Daar is nie ’n rede om bang te wees nie. Ons doen herhaaldelik ’n beroep op plaaswerkers om nie gewelddadig te raak nie. Ons is ook teen geweld en wil nie hê boere se wingerde en eiendomme moet aan die brand gesteek en verwoes word nie, maar ons het nie beheer daaroor as stakers gewelddadig begin raak nie,” het hy bygevoeg.

Landbouers in die Wes-Kaap betaal soveel as R10,000-oo per dag aan sekuriteitsmaatskappye om hulle eiendom te beveilig teen die oproerige vandale.