Weermag verloor hofsaak

Die SA Weermag mag nie 600 soldate afdank nie.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag Unie het met ’n hofbevel gekeer dat 600 soldate afgedank word.

Die bevel belet die SA Weermag se hoof, genl. Solly Shoke, om dié soldate af te dank.

Weermaglede het drie jaar gelede in ’n optog deelgeneem na die Uniegebou om te betoog teen hulle diensvoorwaardes.

Hulle tel ook onder die soldate wat nog nie opdrag van die Weermag gekry het om van hul spesiale verlof terug te keer nie.

Tydens die optog na die Uniegebou het die polisie op die soldate gevuur wat later ’n hele polemiek ontketen het.