Weerlig slaan vyf perde dood

’n Weerligstraal het vyf wilde perde in Kaapsehoop in Oos-Transvaal met een slag doodgeslaan.

’n Trop van nege wilde perde het voor ’n gastehuis verby gehardloop en onder ’n boom gaan staan. Daar was ook ’n tweede trop wat laatmiddag verby gekom het.

Al die perde was verboureerd en iets het gepla. Daar was ’n geweldige donderstorm aan die opsteek en ’n swaar slag met blitse het gevolg. By nadere ondersoek is vyf van die nege perde wat onder die boom gestaan het, dood aangetref.

Die ander vier perde het uit paniek weggehardloop.