Weelderig en spandabelrig

Bathabile Dlamini, die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, spandeer 166 nagte in luukse hotelle binne ’n bestek van twee jaar.

Haar eerste verantwoordelikheid is om ’n effektiewe welsynsfunksie toe te pas in belang van die arm mense van die land.

In die tydperk tussen Junie 2009 3n Augustus 2011 het sy meer as ’n driekwart miljoen Rand aan haar hotelverblyf uitgegee.

Vier nagte in die Radisson Blu Hotel, Kaapstad teen ’n koste van R23 346;
Tien nagte in dieselfde Hotel teen ’n koste van R62 406;
Dan altesaam 28 nagte by die Cricklewood Manor in Pretoria teen R139 494;
Later weer 11 nagte in die Radisson Blu Hotel teen R50 816;
In die Hilton Durban teen ’n koste van R20 053; en later nog drie nagte in dié Hotel teen ’n koste van R24 624.

Die nuwe muilbandwet maak dit moontlik dat sulke inligting nie meer bekend gemaak mag word nie.