Vyftien sterf in volksmoord

Die bestuur van Projek 2010 het bekend gemaak dat 15 blankes omgekom het in terroriste aanvalle gedurende November vanjaar.

Hierdie ontstellende syfers is bekend gemaak deur Projek 2010. In die verklaring wat deur die bestuur vrygestel is, sê die woordvoerder dat dit beteken dat een moord elke tweede dag van die maand gepleeg is.

Die woordvoerder het daarop gewys dat Projek 2010 vir die elf maande reeds 124 moorde aangeteken het. Dit is ’n styging van 20% vergeleke met die ooreenstemmende tyd in 2011.

Lesers kan meer besonderhede bekom oor die volksmoord deur die webwerf te besoek by www.projek2010.co.za