VSA betrokke by Siriese onluste

Die VSA is van plan om meer as 400 soldate en twee missiel-onderskeppers na Turkye te stuur.
Dit word gedoen as gevolg van die Siriese aanvalle in die grensgebied.

Die Vryburger het berigte ontvang dat dit deel is van ‘n groter poging om Turkye se verdediging op te skerp aangesien die moontlikheid bestaan dat die burgeroorlog in Sirië vêrder kan uitkring.
Dié verwikkeling volg nadat berigte ontvang is dat pres. Bashar al-Assad se regering begin het om missiele teen die rebelle in die land te gebruik.