Vrou oorleef terroriste aanval

Elmarie Smit sal waarskynlik haar lewe lank met ’n koeël in haar bobeen leef.

Sy het haar dogter se huis opgepas in Muldersdrift. Terroriste het verlede Vrydagaand die aanval gedoen en sy het dit oorleef omdat die huis behoorlik beveilig is en die skurke nie die huis kon binne kom nie.

Dit was die soveelste terroriste aanval in Muldersdrift.

’n Aantal terroriste het ruite in die eetkamer gebreek. Diefwering het gekeer dat hulle in die huis inkom, maar hulle kon wel elektroniese ware steel.

Sy het uit die slaapkamer gegaan en begin skree. Dit is waarskynlik die rede waarom hulle haar kon sien en het ses skote geskiet waarvan een haar getref het.