Vrae maal rondom Ladysmith vliegongeluk

Waarom is die militêre vliegtuig toegelaat om in die swak weersomstandighede Woensdagoggend te vlieg? Dit is een van die vele vrae rondom die noodlottige neerstorting van ‘n militêre vliegtuig in Natal. Die vliegtuig, Dakota, was Woensdagoggend oppad vanaf Waterkloof lugmagbasis na Mthatha* in die Oos-Kaap.

Die Dakota se wrak is sonder enige oorlewendes gevind. Volgens die weermag was die ses bemanningslede te same met vyf veiligheidswagte wat die weermag- en lugmagbasis in Mthatha moes gaan op pas, almal reeds dood toe die wrak gevind is.

Die dagblad Beeld het aanvanklik bespiegel dat die mediese span oppad Mthatha toe was aangesien Mandela in die Oos-Kaap woonagtig is. Hulle is egter kort daarna in die bek geruk nadat die SANW die beweringe hewig ontken het.