Volstruis se nekare vir hartomleiding

Wetenskaplikes in Japan het die volstruise se nekare gebruik om ‘n suksesvolle hartomleiding op ‘n vark uit te voer.

Daarmee het hulle die weg gebaan dat ‘n soortgelyke prosedure moontlik binnekort ook op mense gebruik kan word.

Die span het are in die volstruise se nek gebruik om kunsmatige are te vervaardig wat selfs tot 30 cm lank kan wees.