Vervolgingsgesag ondersoek Winnie Mandela optrede

Die Nasionale vervolgingsgesag het ‘n ondersoek begin nadat twee mans spoorloos verdwyn het. Na bewering is die twee mans laas gesien in teenwoordigheid van Winnie Mandela.

Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Makhosini Nkosi, het gesê hulle het “onlangs nuwe inligting bekom” het oor Lolo Sono en Siboniso Shabalala, wat in 1988 vermis geraak het.

Hy sê die grafte word gesoek waarin die twee se oorskot is

“Die ondersoek is aan die gang” is gesê alhoewel hy te kenne gegee het dat Winnie nie noodwendig die verdagte is nie.