Verkeerdsdepartement

Die verkeerdsdepartement wil blykbaar in hierdie feesseisoen fokus op uitputting. Dit laat my in die eerste plek wonder oor hoe die departement so besluit maak.

Ek sien al hoe ses base van die departement om ʼn tafel sit. Ses van die mees unieke breine wat SEB al ooit in die verkeerdsdepartement opgelewer het in een raadsaal. Die geur van duur Whiskey meng in die lug met ʼn bedompige sweetreuk en die reuk van sterk soet parfuum waarmee een haar gesig gewas het. In dieselfde tipe atmosfeer is vorige legendariese besluite al geneem. Besluite soos om ʼn ondersoek in te stel na waarom weerlig meer swart mense tref as wittes en die besluit om geweldadige kriminele vry te laat omdat die staatshotelle oorvol is. Almal voel dit aan….hier kan iets groots gebeur!

“Kom ons fokus op dronk bestuurders” stel een voor en glimlag so breed dat haar tandvleise herinner aan ʼn stuk effe-te-rou biltong.

“Nee!”, gil haar rooioog kollega terwyl hy sy nood verlig in die pot van die plastiek plant in die hoek van die vertrek, “onsh moet nog almal huishtoe ry na hierdie vergadering. Kom ons fokush eerder op onwat paard…onpadwaardige votormoertuie!” sê hy terwyl hy omkyk na die vergadering en in die proses die pot mis.

“Kannie!”, keer die blygemaakte karwag wat bo die 48 jarige blanke man aangestel is omdat sy pronk met ʼn beter skakering en ʼn beter perm. “ons het almal familie wat taxibestuurders is, hoe sal hulle dan geldmaak die vakansie? Wat van gekoopte lisensies?”

“Ek het nog altyd geweet jy het iets teen my!” Bulder die voorsitter wat so skeel is dat hy vir jou kan loer deur ʼn opgerolde tuinslang. “Jy soek net rede om van my ontslae te raak. Nee, ons sal fokus op uitputting! ” sê die baas selfvoldaan terwyl hy opstaan en na skildery toe waggel. Hy staar na die skildery van ʼn halfnaak zoeloedame wat water op haar kop aandra, wys met sy pofferige wysvinger daarna en sê “As ons die wittes daarbuite wil vang, moet ons fokus op uitputting! Dit kan nie ontken word nie, hulle sê altyd hulle is moeg vir korrupsie, misdaad en swak regering! Nou kan ons hulle dwing om langs die pad te stop om te slaap terwyl ons comrades sorg vir herverdeling van hulle eiendom! Hehehe”

Sy kollegas kyk met bewondering na die knope van hul vreeslose leier se uniform wat tot hul uiterste getoets word deur sy indrukwekkende boep terwyl dieselfde vraag in almal se kop maal: Waarom staan hy daar terwyl die venster in die ander muur is…?

Tot volgende slag

Die Sweep