Uiteindelik sy name gekry!

Kort voor Kersfees het Abraham Jacobus Smith sy eie name gekry.

Die Departement van Binnelandse sake het klein Jaco Smith se geboorte nou ná drie maande erken.

Die gelukkige dag het uiteindelik aangebreek na aanleiding van die berig in Die Vryburger waarna die betrokke minister die Departement beveel het “om ’n plan te maak”.

Jaco se ouers het meer as drie maande gesukkel om hom geregistreer te kry.