Uit die Woord – Luk 2:12

“En dit is vir julle die teken: julle sal ‘n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê.” -Luk 2:12

Die Jode het hul Messias gesoek in ‘n sterk politieke figuur, ‘n man wat kan oorlog maak, die Romeinse ryk kan omver werp, nie ‘n Babatjie in ‘n krip in ‘n stal nie. So probeer mense om die Verlosser in ‘n raampie te pas wat hulle verkies en dit beteken dat baie Hom mis! Laat ons nie die vreugde hierdie kersfees soek in geskenke, bome en kersvaders nie. Laat ons vreugde vind in die Verlosserkind wat nederig gebore is om nederig te sterf vir die sonde van hoogmoediges. Vind in hierdie tyd jou vreugde in Christus en laat dit ‘n Christusfees wees.