Twee geboortes in een jaar

Die Smith ouerpaar van Komatipoort het die wereld se ergernis met die Departement van Binnelandse Sake.

Klein Abraham Jacobus (Jaco, 3 maande) het op 4 September, so sewe maande ná sy ouer boetie, William, die wereld ingekom.

Nou wil hulle die knapie registreer en die Departement se mense beduie dat hulle stelsel nie daarvoor voorsiening maak om twee geboortes in dieselfde jaar van dieselfde ouerpaar kan registreer nie.

Braam Smith en sy vrou, Suzette (34), van Komatipoort sukkel reeds drie maande om die baba se registrasie te doen.

Hy is twee maande te vroeg in die Mediclinic in Nelspruit gebore waar William op 24 Januarie in dieselfde hospitaal gebore is.

’n Woordvoerder van die Republikeinse Vrouebeweging het opgemerk dat dit ’n vreemde opvatting is dat die stelsel nie twee geboortes per jaar kan hanteer nie.

“Wat van ’n tweeling, of selfs ’n sesling? Miskien is die betrokke amptenaar net nie bedrewe genoeg om haar amp te beklee nie, het sy gesê.