Swak gekwalifiseerde parlementslede wat astronomiese salarisse ontvang, het ingeskryf vir ’n erkende graadkursus by Unisa.
Navrae het aan die lig gebring dat 275 parlementslede vanjaar vir Unisa se kursus in regeerkunde en leierskap ingeskryf het. Slegs 193 het gegradueer, wat beteken dat 30% nie die paal gehaal het nie.
Die Unisa-kursus vir parlementslede net hoër as ’n matriek kursus. Van die parlementslede het nie eers standerd agt gehaal nie, maar “uit hoofde van hul amp” gekwalifiseer om in te skryf vir die kursus.
Nog die Parlement nog enige van die politieke partye wou bekend maak wie die koste dra.
Suid-Afrika het 400 LP’s, wat elk sowat R875 000 per jaar verdien.
’n Bekende meningsvormer het gesê dat dit ’n tragiese gebeurtenis is dat ongekwalifiseerde mense in hierdie verligte eeu die besluitnemers van ’n land moet wees.
Dis hoekom hierdie land besig is – of eintlik al klaar sy agter ent gesien het met mense soos hierdie wat dink hulle kan regeer. Dis belaglik – het nie eers matriek nie, maar as jy deesdae vir ‘n gewone werk aansoek doen moet jy matriek hê, maar lyk my ministers het nie nodig om matriek te hê nie – dis ‘n skande mense!!
Die IK64 sindroom slaan toe!