Terroriste verniel ’n hele familie

Vier gewapende terroriste het ’n skrikbewind gevoer toe hulle ’n hele familie vermink het en een lid doodgeskiet het.

Die 94-jarige Ouma Maria is deur vier terroriste met ’n warm pan gebrand en in haar gesig geslaan. Haar 74-jarige seun, Hekkie, is drie skote in die rug geskiet om te verseker hy sterf, die 62-jarige Nico, broer van Hekkie is in die maag geskiet; en die agterkleinseun is met ’n mes in die kop gesteek.

Dié barbaarse aanval het vroegoggend op die plaas Geluk buite Brits plaasgevind.

Maria Barnard (94) het gesê sy kan nie hoor nie, want hulle het haar op die oor geslaan.

Nico (62), eienaar van die familieplaas Geluk, is in die maag geskiet en is inderhaas geopereer in die Ga-Rankuwa-hospitaal.

’n Verbitterde Johan het gesê sy broer is ’n skiet trofee van die ANC en misdadigers.

Die terroriste het eers in die tweede huis op die plaas aangeval. Adam, sy vrou, Daleen, en sy twee kinders, Adam jr. en Jaco, is aangerand en vasgemaak. Adam is met ’n strykyster aan die bobeen gebrand. Hul selfone, skootrekenaars en geld is gesteel.