Terroriste vermoor vrou naby plaashuis

’n Onbekende aantal terroriste het ’n middeljare vrou verplig om haar voertuig te stop deur klippe op die pad te pak sodat sy nie die laaste paar honderd meter na die plaashuis kon ry nie.

Sy het eers probeer om oor die klippe te ry, maar dit is duidelik dat die klippe te groot was.

Mev. Bets Gouws was verplig om uit haar motor te klim om van die klippe weg te vat wat in die pad gepak is. Dit is toe dat die terroriste op haar toegesak het en haar vermoor het. Slegs haar handsak en selfoon word vermis. Die goed wat sy in Belfast gekoop het, is net so op die agter sitplek van die motor gelaat.

Mev. Gouws se kop is ingeslaan.

Die polisie ondersoek glo die saak