Terroriste skiet man in sy huis

Mnr Koos Beytell van Sasolburg is in die maag geskiet in sy woonhuis by Sasolburg. Dit is die soveelste aanval in die misdaad geteisterde Vrystaatse dorp.

Mnr.Beytell (49) is in ’n ernstige, maar stabiele toestand in die hospitaal opgeneem ná die mislukte moordtog.

Hy en sy vrou, Anzel (33), het televisie gekyk toe terroriste die sitkamer ingestap het.

Die boewe is met juwele van ongeveer R20 000 daar weg.
Die egpaar het etlike maande gelede by die huis in Cronjéstraat ingetrek.
’n Woordvoerder van Projek 2010 het gewaarsku dat mense nie groot bedrae kontant moet onttrek by die banke nie. Boewe en terroriste kry van binne die inligting en sak toe op die niks vermoede slagoffers.
Dit is veel beter om ander reëlings te tref of betalings per kaart te doen, het hy gesê.