Terroriste plaasaanval – Fochville

‘n Bekende boer en sy vrou in die Fochville omgewing, mnr Jan Botha, is gisteraand in hulle plaashuis deur drie terroriste aangeval. Mevr. Botha is vier keer raak geskiet en verkeer in ‘n bedenklike toestand in die hospitaal. Mevr. Botha is per helikopter na die Milpark hospitaal geneem want die Potchefstroom hospitaal kon nie die nodige mediese sorg voorsien nie.

Volgens die dokters is die volgende 48 uur van kardinale belang en daar word ‘n beroep gedoen op volksgenote om vir hierdie gesin te bid en ook vir ons ander volksgenote wat in moeilike omstandighede in ons land leef.

Mnr. Botha het die geleentheid gehad om sy vuurwapen te trek en het op hulle gevuur. Die terroriste het die hasepad gekies en dit is nie bekend of enige van die terroriste gewond is nie.

Die polisie ondersoek die saak en niemand is nog inhegtenis geneem nie.