Terroriste aanval in Stoffberg omgewing

’n Terroriste aanval met die klaarblyklike bedoeling om te moor het misluk weens die vinnige optrede van helpers.

Mev. Elisabeth Lichthelm is deur vyf terroriste aangeval op haar plaas in die Stoffberg omgewing. Die vinnige optrede van ’n plaaswerker wat onraad bemerk het, het waarskynlik mev Lichthelm se lewe gered. Boere in die omgewing, asook die polisie en selfs ’n Indier winkelier se gesamentlike optrede het daartoe gelei dat twee van die terroriste gevang is en vier wapens is gekonfiskeer.

Mev. Lichthelm is ernstig beseer maar is inderhaas na die MidMed Hospitaal geneem waar sy herstel.