Terggees nou glo rassis

Die wereldbekende Deense tennisspeler, Caroline Wozniacki (22) is onlangs van rassisme beskuldig. Dit het gebeur nadat sy handdoeke voor in haar bloes en agter in die romp gedruk het en daarmee die spot gedryf het met die swart tennisspeler, Serena Williams.

Caroline is een van die voorste vroue tennisspelers in die wêreld en het die Amerikaner nageboots in ’n onlangse vertoonwedstryd teen Rusland se Maria Sharapova.

Sy is op sosiale media gekritiseer en selfs van rassisme beskuldig.