TB toetse vereis deur Brittanje


Suid-Afrikaners sal van 2013 vir TB toetse moet gaan indien hulle na Brittanje gaan vir langer as ses maande.
Die reël geld ook voortaan vir inwoners van Lesotho en Swaziland.

Volgens die webblad van ’n Britse grens-agentskap kom dié stappe nadat die Britse regering in Mei besluit het om TB-toelatingstoetse na nog 67 lande gaan uitbrei.

Die nuwe reël raak hoofsaaklik studente of sakelui. Die toetse behels ’n ondersoek en x-strale van die aansoeker se bors. ’n Klaringsertifikaat word vir negatiewe toetse uitgereik.

Waarnemers is van mening dat die toetse nodig geword het omdat mense uit Afrika in die land aankom en gratis behandeling in hospitale moet ontvang vir hulle siekte toestande.