Swart Ekonomiese Bemagtiging diskrimineer teen blanke kinders

Die Jakaranda-kinderhuis in Pretoria kry geen finansiële hulp van enige groot korporatiewe maatskappye nie. Die rede is dat meer as 70% van die 250 kinders in die kinderhuis is blank.

Die enigste antwoord wat die kinderhuis elke keer kry is dat hulle nie kan help nie want die Huis voldoen nie aan die vereistes vir 100% swart ekonomiese bemagtiging nie.

Volgens ’n woordvoerder van die Tehuis, wat geleë is in East Lynne en omring is deur Afrikaanse skole, nie kies watter kinders hulle inneem nie.

“Vir ons is ’n kind ’n kind. Ons diskrimineer nie. Hier is 250 kinders tussen 18 maande en 18 jaar wat versorg moet word, ongeag ras en geslag,” sê sy.

“Ons inkomste het drasties gedaal weens die SEB”, het sy redelik moedeloos gesê.

Daarbenewens ervaar hulle ook dat gereelde skenkers hul debietorders stop weens die sinkende ekonomie.

’n Woordvoerder van die Republikeinse Vroue Beweging het aan Die Vryburger gesê dat dit dan logies is om slegs blankes te versorg.

Dit sal immers verseker dat behoudende volksgenote bereid sal wees om skenkings te maak, get sy gesê.