Swanemeer


Ballet en film het gewoonlik niks in gemeen nie. Twee van die topkunstenaars in hulle onderskeie velde het egter nou kragte saamgesnoer om ‘n 3D-weergawe van “Die Swanemeer” die lig te laat sien.

James Cameron, die man agter die film “Avatar” en die artistieke direkteur en dirigent van die Mariinsky Teater, Valery Gergiev het suksesvolle samesprekings rondom die uitvoerbaarheid van die projek gevoer.

Gergiev, een van die wêreld se top-dirigente het gesê dat die span van James Cameron is die enigste wat die ondervinding, talent en kundigheid het om in ‘n 3D-medium in ‘n operahuis te werk waar jy nie kan stop as die musiek eers begin het nie. “Die filmteaters sal die kunsvorm aan miljoene blootstel,” het die 59-jarige dirigent gesê.

Vroeër vandeesmaand is aangekondig dat Gergiev ‘n nominasie van Grammy gekry het vir die “beste kunstenaar” vir sy uitvoering saam met die Londense Simfonie Orkes van Rachmaninov se Simfoniese Danse. Die orkes van wie hy die hoofdirigent is, is ook benoem.

Volgens statistieke was Gergiev in 2010 die dirigent wat die meeste konserte gedirigeer het. In daardie jaar het hy in 88 konserte in Amerika en Europa opgetree.

Die uitvoering van “Die Swanemeer” sal op 14 Februarie volgende jaar direk van die Mariinskyteater in St Petersburg na teaters oor die wêreld uitgesaai word.