Sulke wreedheid is meer as barbaars

Hierdie afgelope week is Boere-Afrikaners met afgryse gevul. Die aanval op die Barnard familie in Brits distrik is veel meer as wat menslik verwerk kan word.

As ’n 94-jarige Oumagrootjie deur vier rowers met ’n warm pan gebrand word, dan is dit meer as barbarisme. Asof die satan los is, word sy in die gesig geslaan en rondgepluk. Haar 74-jarige seun word in die rug geskiet om seker te maak hy lewe nie vêrder nie, en haar ander 62-jarige seun is in die maag geskiet. Die agterkleinseun is met ’n mes in die kop gesteek.

Wat noem jy sulke optrede. Dit is meer as terrorisme. Dit is meer as barbarisme.

In hierdie week se uitgawe kan u lees van ’n ander Ouma wat trane stort oor haar gesteelde motor, en daar word berig van die Suid-Afrikaanse Weermag wat blykbaar nou so verswak het dat dit vergelyk word met die slaankrag van die SAW in 1930.

Die berig oor Palestina wat erken word deur die VN behoort belangstelling te lok. Selfs die motor rubriek wat handel oor restourasie kan motor liefhebbers se aandag trek.

Die Vryburger berig ook oor die optogte wat gehou is na die verskillende ambassades om die Boere-Afrikaner se eis om vryheid te oorhandig.

Die opstande en onluste wat aangevuur word deur vakbonde om daarmee hul eie posisie te probeer versterk onder plaaswerkers, sal uiteindelik geen goeie vrugte lewer nie. Sulke ondeurdagte eise vir hoër lone, kan veel eerder lei tot laer in diensneming van werkers, en dan noodwendig lei tot laer produksie van voedsel. Voedselpryse kan ook ernstig beïnvloed word deur die hoër arbeidskoste.

Daar is ook die meer positiewe nuus. Lees iets oor Fritz Joubert Duquesne, die baas spioen van die Tweede Vryheidsoorlog

Die verdeeldheid in die ANC kom na vore in verskeie berigte. Wat egter ontstellende nuus is, is die berig oor die Volksmoord wat deur die bestuur van Projek 2010 bekend gemaak is.

Die Redaksie wil langs hierdie weg elke leser wat beplan om met vakansie te gaan, tot versigtigheid maan. Die gevaarlikste is om waaksaamheid te verslap wanneer die rustigheid van vakansiedae aanbreek. Dit is dan wanneer die moordenaars en geweldenaars ons verras.

Geniet die leesstof en die ruskans
Redakteur