Suid-Afrika se kanker-register word agter weë gelaat

Suid-Afrika se kanker-register is in die afgelope agt jaar nog nooit opgedateer nie.

Aaron Motsoaledi, Suid-Afrika se minister van gesondheid, het bekend gemaak dat die laaste verslag oor die voorkoms van kanker in 2004 laas gepubliseer is.

Die Internasionale Agentskap vir Kankernavorsing vereis dat daar minstens elke vyf jaar ‘n verslag oor kanker gedoen moet word. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Kankerregistrasie het beplan om elke drie jaar ‘n verslag uit te gee, maar het nog nie sedert 2004 weer aan dit aandag gegee nie.

Volgens Statistieke Suid-Afrika is 6,3% van sterftes in 2009 te wyte aan kanker.