Student breindood – breinvliesontsteking

’n Student van Potchefstroom is breindood verklaar na hy ’n dodelike bakteriële breinvliesontsteking opgedoen het.

Dié jongman was inderhaas opgeneem in die Unie-hospitaal in Alberton waar hy later oorlede is.

JP Kruger (19), ’n eerstejaarstudent in Huis Excelsior van die Potchefstroomse kampus is volgens sy ouers verlede Vrydag in dié hospitaal opgeneem waar hy met Neiseria- meningokokkale bakteriële infeksie gediagnoseer is.

JP het by sy ouerhuis gekla van grieperigheid waarna sy koors begin styg het.

Dokters se verduideliking is dat die bakterie deur menslike speeksel versprei word.