Stakings veroorsaak groter werkloosheid

Die staking by Bokoni-steenkoolmyn is beëindig, maar terselfdertyd het Coal of Africa die helfte van die werkers in sy Mooiplaats¬myn afgedank weens hul onbeskermde staking.

Die staking by Bokoni het ’n volle tien weke geduur. Die myn het die die meeste skuld van alle myne in die land.

“Sowat 50% van ons werkers, 1,200 het weer begin werk en ons het 1,700 aansoeke om vakante poste gekry,” het ’n woordvoerder gesê.

CoAL het 178 werkers by Mooiplaats afgedank en daar is begin met ’n kostebesparing veldtog.

Die onbeskermde staking het verlede Maandag begin en die werkers is die Donderdag afgedank. Dis sowat 48% van die werksmag.
’n Woordvoerder van Oranje Sake Instituut het daarop gewys dat die stakings uiteindelik kan lei tot die sluiting van talle myne in Suid-Afrika.