Stakers geskiet – plek-plek kalm

Vier stakers op Robertson is vanoggend onder die rubberkoeëls gesteek deur die polisie.

Wingerde naby Rawsonville is aan die brand gesteek. By Groendal, Franschhoek was daar bande gebrand en klippe gegooi.

Werkers het regdeur die Boland bymekaargekom om hul stakings oor salarisse voort te sit.

‘n Groep van 400 betogers het ook ‘n beswaarskrif by die Agri Wes-Kaap se Paarl-kantore ingedien.

Vanuit Stellenbosch word berig dat voor die N1 kruising van die Sandringham en Klipheuwelpad ‘n groep stakers is wat deur polisie dopgehou word.
Vanuit Ceres is berig ontvang dat alles rustig is.