Spaanse banke gered

Uiteindelik kan Spanje weer asem haal met sy banke wat gered is. ‘n Bedrag van €37 miljard moes verdeel word na Bankia €18 miljard, Catalunya Banc €9 miljard, Novagalicia Banco €5,5 miljard en Banco de Valencia €4,5 miljard.

Die land se grootste probleem bly steeds ekonomiese groei en die hoë werkloosheid van meer as 25%. Die genoemde banke het reeds bekend gemaak dat hulle personeel gaan verminder. Bankia beplan om personeel met 6000 te verminder en takke met 39% in te kort. Catalunya Banc beplan ‘n vermindering van 1000 persone en Novagalicia Banco skaal af met 2000 werkers. Banko de Valencia se syfers word nog ingewag.

Intussen het Barclays Bank, die houermaatskappy van Absa Bank, in London bekend gemaak dat hulle ‘n personeelvermindering van 25% beplan in hulle beleggingsbank afdeling. Barclays was onlangs met $450 miljoen beboet oor manipulering met Libor rentekoerse.