Soweto se jongste blaps

Hoofregter Mogoeng moes ’n “uiters dringende aansoek” hanteer in die Konstituele Hof omdat die einde van die wereld aangebreek het.

Robert Swfatsa (38) van Soweto het sy hofaansoek as dringend beskou. Hy verwag dat die hof uitspraak moet gee dat daar ’n nuwe Staatsdepartement gevestig word op ’n dringende basis, aangesien die wereld op 21 Desember vergaan.

Hy sê dat volgens die Maja-kalender val die oordeelsdag op 21 Desember vanjaar.

Hy reken dat Suid-Afrika en alle ander lande op ’n gereedheidsgrondslag moet wees. Selfs ’n kommissie van ondersoek na die Maja-kalender se gegewens moet dringend gedoen word. So ’n kommissie behoort saamgestel te word uit geoloë, astronome en tegnoloë.

Die hoofregter oorweeg die aansoek!.

Tereg is die vraag in die spotprentjie: Moet ons ’n 2013 kalaender aanskaf?